?Die Universiteit Stellenbosch (US) erken sedert 2016 jaarliks die top-100-voederskole (gebaseer op registrasies) vir hul verbintenis tot uitnemendheid, ontwikkeling en groei binne die onderskeie skole en vir die lewering van uitsonderlike akademiese talent vir toelating tot die Universiteit Stellenbosch se voorgraadse programme.
Aangesien die US daarna streef om ’n waardetoevoegende instelling binne die voornemende studentemark te wees, is dit belangrik om die bydraes van diegene wat help om die pyplyn te bou, te vereer.
Vier Stellenbosse hoërskole is onder die top-20-voederskole wat hul matriekleerders na die US vir verdere onderrig stuur.Die skole, met hul ranglysposisie in hakies, is:
• Paul Roos Gimnasium (1),
• Hoër Meisieskool Bloemhof (3),
• Rhenish Girl’s High (7) en
• Hoërskool Stellenbosch (12).
Die volledige lys van die 20 voederskole wat die US ondersteun, is:
1. Paul Roos Gimnasium
2. Hoërskool D.F. Malan
3. Hoër Meisieskool Bloemhof
4. Hoërskool Parel Vallei
5. Paarl Gimnasium
6. Hoërskool Stellenberg
7. Rhenish Girl’s High
8. Paarl Hoër Jongenskool
9. Hoërskool Outeniqua
10. Hoërskool Fairmont
11. Hoërskool Durbanville
12. Hoërskool Stellenbosch
13. Hoër Meisieskool Paarl
14. St. Stithians College
15. Hoërskool Bellville
16. Helpmekaar Kollege, Somerset College
17. Diocesan Kollege, Hugenote Hoërskool
18. South African College High School, Hoërskool Strand
19. Hoër Meisieskool La Rochelle
20. Kearsney Kollege