Die e’Bosch-erfenisprojek se voorbereidingsopleiding vir vanjaar se Skoolvakansieprogram het Saterdag 24 Junie ten einde geloop en die altesaam 100 kampioene wat die afgelope vier weke opleiding gekry het, is nou slaggereed om hierdie vakansie hul programme by 14 fasiliteite regoor Stellenbosch aan te bied.
Die tema vir 2023 is ’n Hele nuwe wêreld, met die onderskrif Burgerskap en hoop.
Tiazo Sirmongpong het Saterdag by ’n Around the Camp Fire-sessie die beleide en prosedures wat nodig is om met kinders te werk, en wat die fasiliteerders en organisasies beskerm, met die kampioene gedeel.
Die wet op kinderveiligheid en die wet op veiligheid is ook tydens die aktiwiteite aangeraak.
Denise Atkins van die Kyrios Transformation Centre het haar kennis oor hoe om gesonde geestelike verhoudings te bou met die fasiliteerders gedeel.
Vakansieprogramme word van Maandag 26 Junie tot Vrydag 14 Julie aangebied. Op 12 Julie word ’n sportsaamtrek by Court of Dreams in Idasvallei aangebied en op 15 Julie loop die program ten einde met die uitvoerende kunste-saamtrek, getiteld “ ’n Hele Nuwe Wêreld”, in die Stellenbosch-stadsaal.
Lede van die publiek word uitgenooi om gebruik te maak van hierdie programme. Vir meer inligting oor die programme in jou gebied kontak die volgende persone:
1. Cloetesville 1: Cathy Groenewald – 073 364 8649
2. Cloetesville 2: Ivy Christians – 060 709 8588
3. Devon-vallei: Reagan Goeieman – 074 787 8735
4. Idasvallei: Elsabe Farao – 084 823 1529
5. Jamestown: Deon Cronje – 063 213 4147
6. Kayamandi: Innocent Wenjere – 084 228 4688
7. Klapmuts: Chalmane Kruger – 083 311 9238
8. Kylemore: Richelle Pietersen – 066 048 5182
9. Wemmershoek: Hellene Fischer – 072 211 5237
10. Lanquedoc: Marius Krediet Tel – 071 876 6590
11. Vlottenberg: Karen Sylvester – 081 022 7783
12. Raithby: Chantia Matthys – 067 285 1080
13. Meerlust: Johanna Williams – 062 370 8155
14. Stellenbosch Sentraal: Cameron Hendricks – 061 936 3213
Die Batebouer Netwerk se doelwit is om elke kind in Stellenbosch genoeg ontwikkelingsbates te leer om te floreer en 2023 se vakansieprogram word ondersteun deur die Jannie Mouton-stigting.
. Vir meer inligting kontak die projekleier, Wynanda Brinkhuis, by 061 595 4085 of WhatsApp, asook Carol Lakay by carol@ebosch.co.za.