Baie kleiner kinders het al ’n goeie begrip van bymekaartel en aftrek, en leer net met al groter getalle doeltreffend werk. Maar om die een of ander rede sukkel selfs baie volwassenes om met verhoudings te werk, om te vergelyk anders as om bymekaar te tel. As jy die idee verstaan, is die getalwerk nie ’n probleem nie!
Very young children have good ideas about adding together and taking away. They simply have to learn to work efficiently with bigger numbers. But for some reason even many adults struggle to work with relationships, comparisons that are not about putting together. If you take the time to understand the idea, the calculations are not a problem!
1. Hierdie foto van 120 mm × 90 mm word vergroot na 360 mm × 270 mm. As die olifant se slurp in die klein foto 55 mm lank is, hoe lank is sy slurp in die vergroting?
This photo of 120 mm × 90 mm is enlarged to 360 mm × 270 mm. The elephant’s trunk in the smaller photo is 55 mm long. How long is its trunk in the larger photo?
2. Watter breuk van die volgende figuur is verdonker?
What fraction of the following figure is shaded?3. ’n Man begin van die huis na sy werk stap, wat 12 km weg is. Dertig minute later begin sy vrou ook stap van die huis na dieselfde werk. As die man vier kilometer in een uur stap en sy vrou teen 6 km/h, hoe ver van die werk af sal sy hom inhaal?
A man starts walking from home towards work, which is 12 km away. Thirty minutes later his wife also starts walking from home to the same workplace. If the man walks at 4 km in 1 hour and his wife walks at 6 km in 1 hour, how far from the workplace will she catch up with him?
Kry nog meer lekker dinkvrae by www.amesa.org.za/Challenge/Index.htm (hoofletters maak saak!)
Find more brainy questions at www.amesa.org.za/Challenge/Index.htm (capital letters matter!)
Laat hoor van jou op Dinsdae en Donderdae tussen 11:00 en 12:00 op MfM Breintyd. Stuur ’n stemnota of ’n WhatsApp na 072 926 6926. Verduidelik hoe jy gedink het en staan ’n kans om aan die einde van Oktober ’n kontantprys te wen!
Call in on Tuesdays and Thursdays between 11:00 and 12:00 on MfM Braintime. Send a voice note or a WhatsApp to 072 926 6926. Explain your reasoning and stand a chance to win a cash prize at the end of October!. A project of MfM and The Department of Curriculum Studies, SU.