Altesaam 15 leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof is onlangs ná hokkieproewe, wat Sondag 7 Mei gehou is, in die Boland-hokkiespanne vir hul onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem.
Die volgende leerders is tot die spanne verkies:. Carli Bayer en Micah de Wet (o.14A), Helen Mari Stofberg (o.14B), Anke Lombard (o.14C) en Lara Rorich (nie-reisende reserwe). Lise de Villiers (o.16A), Nina Stanich en Pippa Viljoen (o.16B), Mari Steyn en Simone van der Merwe (o.16C), en Emma Stroebel (nie-reisende reserwe).. Grace Prins en Logan Marthinus (o.18A), Bianca de Guisti (o.18C) en Janke Voges (nie-reisende reserwe).