15 Stellenbossers gradueer as vredesbeamptes, ná 30-dae opleidingsprogram

Altesaam 15 Stellenbossers het Maandag 20 Maart as volwaardige vredesbeamptes gegradueer.


Altesaam 15 Stellenbossers het Maandag 20 Maart as volwaardige vredesbeamptes gegradueer.

Die graduering is deur die Wes-Kaapse minister van polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, op ’n seremonie in die Stellenbosch-stadsaal behartig.

Hierdie program vorm deel van die Wes-Kaap Veiligheidsplan (WCSP), wat die versterking van munisipale wetstoepassingskapasiteit reg oor die Wes-Kaap prioritiseer, veral om stedelike en landelike veiligheid te verbeter en misdaad binne gemeenskappe te bekamp.

Altesaam 15 Stellenbossers het Maandag 20 Maart as volwaardige vredesbeamptes gegradueer.Foto:

Die kandidate het ’n 30 dae-opleidingsprogram wat van 6 Februarie tot 17 Maart by die Porter Estate in Tokai plaasgevind het, voltooi.

Allen sê die opleiding het aan die individue die vermoë verskaf om die rol en funksie van ’n vredesbeampte en verkeersbeampte te demonstreer en te verstaan.

Deel van die kriteria wat behandel is, was:

• Wetstoepassing en die Grondwet;

• Die Grondwet van Suid-Afrika 108 van 1995;

• Beginsels van die strafreg en reëls van interpretasie van die wet;

• Oorsig van die strafprosesreg;

• Wetgewing en die nasionale padverkeerswet met betrekking tot verkeersbewaarders;

• Bylae 1- en 3- oortredings;

• Bewysreg en Strafhowe;

• Prakties: 56- & 341- administratiewe kennisgewings;

• Voldoen aan professionele gedrag en organisatoriese etiek.

“Alle gegradueerdes sal ’n veiligheid- en sekuriteit-sektor onderwys- en opleidingsowerheid (SASSETA)-sertifikaat ontvang tesame met ’n 12-maande uitgebreide openbare werke-program- (EPWP) kontrak by die munisipaliteit.

“Deur alle aspekte en rolspelers in veiligheidsruimte bymekaar te bring, kan ons verseker dat veiliger gemeenskappe bereik word. Dit is noodsaaklik dat ons skouer aan die wiel sit,” het Allen bygevoeg.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.