Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het sedert die begin van Januarie meer as drieduisend laat skoolaansoeke ontvang.


Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het sedert die begin van Januarie meer as drieduisend laat skoolaansoeke ontvang vir kinders wat veronderstel is om vanjaar graad 1 en graad 8 moet begin.

“Ons het sedert 1 Januarie 2023 nuwe en uiters laat aansoeke vir 3 391 graad 1- en graad 8-leerders vir die 2023-skooljaar ontvang. Ons het reeds 2 066 van hierdie aansoekers geplaas, en plasing is aan die gang vir 1 325 van die graad 1- en graad 8-leerders vir wie aansoeke uiters laat ontvang is. Hierdie aansoeke hou ’n groot uitdaging vir die departement in, aangesien hulle daagliks in ’n onvoorspelbare patroon aankom, dus jaag ons voortdurend ’n bewegende teiken,” sê David Maynier, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys.

Hy vra ouers wat laat aansoek gedoen het, om geduldig moet wees terwyl die departement besig is om kinders by skole te plaas.

Maynier voeg by dat die laat aansoeke ook die beplanning van die departement se hulpbrontoewysing vooruit moeilik maak.

“Dit sal tyd neem om hulpbronne te herlei om vir hierdie leerders voorsiening te maak, en dit is tans aan die gang.”

You need to be Logged In to leave a comment.