Pieter Langeveldt Primêr se graad
R-leerders van aanstaander jaar sal in nuwe klaskamers verwelkom word.
Die twee nuwe klaskamers is baie leervriendelik en het hul eie badkamergeriewe en stoorkamers.
“Die klaskamers het ’n heel nuwe voorkoms en word deur traliehekke en diefwering beveilig. Leerders het hul eie speelgebied buite, wat omhein is om almal se veiligheid te waarborg,” sê Liezl Terhoeven, die skoolhoof.
Volgens Terhoeven is onderwysers baie opgewonde oor die nuwe klaskamers en kan nie wag om volgende jaar se nuwe leerders te verwelkom nie.
Terhoeven wil ouers graag herinner dat leerders reeds vir volgende jaar ingeskryf kan word om hul plek te verseker. “Hoe gouer ouers aansoek doen, hoe meer verseker sal hulle wees oor ’n plek in die skool.”

