September is nie net die maand waar ons die lente verwelkom nie, maar ook die maand wat aandag gee aan hartgesondheid.
Die Universiteit Stellenbosch se Kampusgesondheidsdiens (KGD) begin die Hartbewustheidsmaand met ’n reeks aktiwiteite, gelei deur dr. Jo-Anne Kirby, ’n erkende mediese dokter en sportgeneesheer.
Vanjaar se tema, soos onthul deur dr. Kirby, is “Heart2Heart”. Die tema beoog om mense op ’n persoonlike vlak te bereik oor die belangrikheid van ’n gesonde hart. “Dit lê op ons op die hart om jou oor jou hart te vertel. Ons sal ’n hart-tot-hart-gesprek hê oor wat jy moet weet oor hoe om jou hart gesond te hou,” sê Kirby.. Vir diegene wat nuut is tot fisiese aktiwiteit en op soek is na maniere om gesonder te lewe, raai Kirby aan om met klein stappies te begin. “Die eerste ding is om klein treetjies te tel, en treë te tel. Die maklikste vorm van oefening vir die meeste mense is stap, en vir diegene wat in ’n rolstoel is, om in jou stoel te gaan ry. Begin deur om die blok te gaan, en vermeerder geleidelik die afstand wat jy aflê. Die doel is om uiteindelik 150 minute oefening van matige intensiteit per week te doen. . “As jy genoeg asem het om te praat, maar nie hardop te sing nie, is jou oefening matige intensiteit. Maar, indien jy nie fiks genoeg is om dit te doen nie, begin jy met wat jy het. Bestee minder tyd by jou lessenaar; staan op en loop rond; gaan groet ’n kollega in plaas van om ’n boodskap te stuur. Tydens vergaderings, probeer om te staan indien jy toegelaat word. Gaan weg van jou lessenaar af tydens etenstye; moenie voor jou rekenaar sit en eet nie. Gaan stap buite in die straat of in die park,” sê Kirby.
“Ontmoet vriende vir oefening eerder as vir koffie; ontmoet op die strand en gaan stap. Raak fisiek aktief en maak die mense om jou opgewonde en fisiek aktief. As jy kinders het, maak tyd om saam bal te gooi of te skop of met ’n frisbee te speel, en moedig hulle aan om te oefen, Jy sal ook oefening inkry. Gaan stap met iemand anders se hond.”
Van die uitgeligte aktiwiteite wat beplan is, sluit in:
- Die maand het op 1 September met die onderwerp “Oefening is medisyne” by die VGKSA-kerk in Cloetesville afgeskop.
- Weeklikse aanlyn praatjies elke Vrydag om 12:00, wat fokus op verskeie aspekte van hartgesondheid. . ’n Troeteldier-terapiesessie op die Rooiplein.
- ’n Interdepartementele oefeningkompetisie vir universiteit-personeel. . ’n “Heart2Heart”-pretstap in Jan S. Marais-park op 27 September.
- ’n 6 km- Welwees Colour Run by Coetzenberg op 1 Oktober. . 8 September: Slaap en jou hart, deur dr. Dale Rae
- 15 September: Voeding en jou hart, deur die dieetkundige Maya du Plessis
- 22 September: Geestesgesondheid en jou hart, deur dr. Craig Thompson.
- Mense wat meer inligting wil hê, kan die KGD se webwerf by http://www.sun.ac.za/english/CampusHealth/heart-health en http://www.sun.ac.za/english/CampusHealth/exercise-for-health besoek, waar verdere hulpbronne en inligting vir almal beskikbaar is.