50-jarige in hof oor dwelms

Die Groot Drakenstein-polisie het die afgelope naweek ’n 50-jarige man in hegtenis geneem weens die besit van dwelms en huisbraak-toerusting.


Die Groot Drakenstein-polisie het die afgelope naweek ’n 50-jarige man in hegtenis geneem weens die besit van dwelms en huisbraak-toerusting.

Volgens sers. Charlene Pietersen, ’n woordvoerder van die Groot Drakenstein-polisie, het sers. Gurshwon Claassen, sers. Waseem Baartman en sers. Prudence Tandiswa Saterdagaand patrolliewerk in Proteastraat in Pniël gedoen toe hulle die verdagte sien. “Die verdagte het in die pad gestap en nadat hy die polisievoertuig gesien het, het hy iets in die pad gegooi. Die beamptes het 20 Mandrax-tablette, tik en die huisbraak-toerusting gekry.”

Hy het Maandag in die Franschhoek-landdroshof verskyn en is vrygelaat tot sy volgende hofverskyning.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.