Paul Roos Gimnasium se matriekklas van 2018 spog met nie minder nie as 601 vakonderskeidings en ’n reeks pryse van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), waaronder pryse vir die beste in wiskunde, fisiese wetenskappe en akademiese uitnemendheid.

Volgens die skole-ondersteuningsentrum het Paul Roos landwyd die eerste posisie in vier kernvakke (wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en rekeningkunde) behaal.

Chris Malherbe (96,1%) en Jean Durand (95,9%) is die skool se top-kandidate.

Durand was ook eerste in die provinsie vir fisiese wetenskappe en rekeningkunde. Hy en Malherbe is op die WKOD se top-20-merietelys.

Durand was derde in die land in fisiese wetenskappe.

Altesaam 67 leerders het met ’n A-gemiddelde geslaag en 95,1% met toelating tot graadstudie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article