Die eerste Spencer Ashley Fakuni-7’s-rugbytoernooi wat onlangs in Klapmuts aangebied is, was ’n groot sukses.
Altesaam agt mans- en ses o.18-vrouespanne het deelgeneem.
Rawsonville Impies het die mans-afdeling gewen toe hulle Must Be Nice Warriors van Kraaifontein in die eindstryd met 12-7 gewen het. In die vroue-afdeling het Just Plant Seeds van Manenberg Amazonians met 43-5 geklop.
“Die rede waarom ek die sewestoernooi aangebied het, was om die spelers ’n kans te gee om hul vaardighede te verskerp en ook te bepaal waar hul fiksheidsvlakke is voordat die ligaverpligtinge in April in die WP- en die Boland-rugbyunie begin,” sê Fakuni.
“Die toernooi is nie net deur die ondersteuners van besoekende spanne bygewoon nie, maar ook deur die Klapmuts-gemeenskap ondersteun. My droom is om dit ’n jaarlikse instelling te maak, met nog borge om die toernooi een van die grootstes in Stellenbosch en omgewing te maak.”
Prysgeld van R15 000 is aan die wenspanne uitgedeel.
Rawsonville Impies het die mansafdeling gewen toe hulle Must Be Nice Warriors van Kraaifontein in die eindstryd met 12-7 gewen het. In die vroue-afdeling het Just Plant Seeds van Manenberg vir Amazonians met 43-5 geklop.
“Die rede waarom ek die sewestoernooi aangebied het, was om die spelers ’n kans te gee om hul vaardighede op te skerp en ook te bepaal waar hul fiksheidsvlakke is voordat die ligaverpligtinge in April begin in die WP- en die Boland-rugbyunie,” sê Fakuni.
“Die toernooi is nie net deur die ondersteuners van besoekende spanne bygewoon nie, maar ook deur die Klapmuts-gemeenskap ondersteun. My droom is om dit ’n jaarlikse instelling te maak, met nog borge om die toernooi een van die grootstes in Stellenbosch en omgewing te maak.”
Prysgeld van R15 000 is aan die wenspanne uitgedeel. – Avril Fillies