Pieter Bailey van Cloetesville is vandag (18 Augustus) 90 jaar oud en sê dis net die genade van die Here wat hom hierdie mylpaal laat sien. Hy vertel dat hy nie skoolonderrig ontvang het nie en moes op 10 op die plaas gaan werk. Op 15 het hy die plaas verlaat en by die munisipaliteit aangesluit waar hy vir 21 jaar gewerk het. “Daarna het ek vir 11 jaar by die Santorium-hospitaal gewerk voor ek van 1965 tot 1995 by Rupert International gewerk het.” Hy sê hy het in 1969 by die VGK-Tempel aangesluit, waar hy tot vandag sy lewe aan die Here gewy het. Hy was vir 40 jaar die koster en vir 53 jaar ’n diaken en ouderling in die NG kerk. “Ek het in 1959 met Dina September in die huwelik getree. Ons is nou 63 jaar getroud met ses kinders.”Foto: