Aansoeke vir die Agri Wes-Kaap-Santam-Landbou se Jongboer van die jaar-kompetisie 2022 is nou oop!
Vereistes:. Die kandidaat moet 40 jaar of jonger wees op die dag waarop die inskrywings vir die kompetisie sluit. Die sluitingsdatum is 25 Maart.. Die kandidaat moet ook op die sluitingsdatum vir minstens een jaar lank reeds ’n opbetaalde lid van ’n landbouvereniging wees.
Die belangrikste maatstawwe vir beoordeling hou verband met die bestuursfilosofie van die boer sowel as die tegniese vaardigheid waarmee daardie filosofie in die praktyk toegepas word.
Alhoewel die vertakkingsamestelling en omvang van die kandidaat se boerdery-aktiwiteite in ag geneem word, is die mate waarin die boer se bestuursfilosofie op uitnemende wyse in die praktyk toegepas word eerder bepalend.
’n Kandidaat met ’n enkele vertakking wat besonder goed presteer, het dus ook ’n baie goeie kans om die kompetisie te wen.
Volgens PF Theron, voorsitter van Agri Wes-Kaap se Jongboerkomitee, is daar menige jong produsent in die Wes-Kaap wat voorlopers in hul bedrywe is, en die Jongboer-kompetisie is ’n guldige geleentheid om hul staal te wys.
Die wenner sal die Wes-Kaap verteenwoordig wanneer die nasionale wenner van die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie aangewys word.
Inskrywingsvorms met die beoordelingskriteria is op Agri Wes-Kaap se webtuiste beskikbaar of kontak hulle by by 021 860 3801.