Buurtwaglede wat deel was van die geleentheid is (van links) Coenraad Bezuidenhout, Jacques du Plessis, sersant Selton Fortuin, Nina Breytenbach, Ignatius van Rensburg, Ruan Olwage, Ernst Möller, Sonika Pietersen, Jac Pietersen, Thomas Halbich en Michiel Vermeulen.


Die AfriForum-buurtwag in Stellenbosch het Vrydag 14 Oktober in samewerking met ABC Sekuriteit en lede van die Stellenbosch-polisiekantoor aan ’n nasionale massapatrollie deelgeneem.

Ongeveer 740 km in en om die Stellenbosch-gebied is in dié optrede gepatrolleer. Die buurtwag het ook sy nuwe hommeltuig vir lugbystand vir die patrollie ingespan. Dié patrollie is gedoen om sigbaarheid te verskerp.

“Hierdie soort patrollies is noodsaaklik vir misdaadvoorkoming. Die buurtwag is dankbaar vir die saamwerkverhoudinge tussen die AfriForum-buurtwag in Stellenbosch en die plaaslike polisie asook ander veiligheidsmaatskappye wat saamspan om die Stellenbosch-gemeenskap te beveilig,” sê die buurtwagvoorsitter, Jac Pietersen.

You need to be Logged In to leave a comment.