PE Express

Afrikaans 100: Kom vier saam fees

Op 8 Mei vanjaar vier Afrikaans sy eeufees as amptelike taal en jy is genooi. Daar is alles van musiekkonserte tot kuiers om lang tafels om hierdie mylpaal in Afrikaans te vier.


Op 8 Mei vanjaar vier Afrikaans sy eeufees as amptelike taal en jy is genooi. Daar is alles van
musiekkonserte tot kuiers om lang tafels om hierdie mylpaal in Afrikaans te
vier.

Afrikaans is veel, veel ouer as ’n honderd jaar, maar op 8 Mei 1925 het dit, naas Engels, een van
Suid-Afrika se amptelike tale geword en ná 1994 het dit daardie status behou.
Dis een van die jongste wêreldtale en het in die relatiewe kort geskiedenis een
van die mees dinamiese tale geword. Dis ’n taal wat steeds groei, skep en blom
in al sy diversiteit. Afrikaans is inklusief en vriendelik, mededeelsaam en
almal se taal wat hom praat.

Die Afrikaans 100-fees
skop op 8 Mei in Kaapstad af, maar die fees maak ook ’n draai in die Paarl,
Genadendal en Pretoria.

Uit die mond, ’n musikale viering van die Afrikaanse taal, moet
nie misgeloop word nie. Met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams,
Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm beloof hierdie om ’n uitsonderlike
viering van Afrikaanse musiek te wees. Die konserte is op 10 en 11 Mei in
Durbanville en op 28 en 29 Mei in Pretoria.

Uit die mond, met Amanda Strydom, Coenie de Villie

Uit die mond, met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams, Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm, beloof om ’n uitsonderlike viering van Afrikaanse musiek te wees.

Op 8 en 9 Mei word daar drie langtafels gehou – een elk in die Bo-Kaap, die Paarl en Genadendal. Kom
trek jou stoel nader en kuier in Afrikaanse met kos wat die masala,
malvapoeding en mebos op jou tong gaan laat dans.

Op 8 en 9 Mei word daar drie langtafels gehou – ee

Op 8 en 9 Mei word daar drie langtafels gehou – een elk in die Bo-Kaap, die Paarl en Genadendal.

Vir die volledige program en ’n skakel na Tixsa waar jy kaartjies kan koop, gaan na afrikaans100.org en
klik op feesprogram.

Wil jy graag betrokke raak by Afrikaans 100? Op die webblad is daar ook ’n skakel waar jy meer kan
uitvind. Daar is ook verskeie artikels, onderhoude en interessante feite oor ons wonderskone Afrikaans.

  • Besoek vandag nog afrikaans100.org of volg Afrikaans 100 op alle sosiale media-platforms.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.