Daar is ’n paar spanningsvolle gebeurtenisse wat ons elkeen in ’n mindere of meerdere mate ervaar. Die eerste keer toe jy voor ’n groep mense moes praat, is een van hulle; so ook jou naderende aftrede. Die instandhoudingstake wat weens ’n gebrek aan tyd agterweë gebly het, moet ingehaal word. Watter uitwerking gaan ’n ekstra agt uur per dag by die huis op jou huwelik hê? En dan die finansiële besluite . . .
Mense leef langer danksy die vooruitgang op mediese gebied en ’n gesonder leefstyl.
Daarom is dit nie vreemd dat jou naderende aftrede tot groot spanning kan lei nie.
In baie gevalle is dit ’n geval van spyt kom te laat – hoekom het ek nie vroeër begin spaar nie?
Maar selfs al het jy getrou bymekaargemaak, is die besluitnemingsproses by aftrede vir die meeste aspirant-pensioentrekkers ’n groot bron van spanning.
Dit word van jou verwag om keuses te maak oor sake waarvan jy geen ervaring of kennis het nie.
Om sake te vererger, is ’n verkeerde besluit dikwels onomkeerbaar.
Die goeie nuus is dat hulpbronne beskikbaar is.
PSG Wealth Cecilia Square bied op 26 Mei ’n gratis aftreeseminaar in die Paarl aan, wat daarop gemik is om deelnemers met ’n oorsigtelike kennis van die verskillende aspekte van aftrede toe te rus.
Die volgende is van die onderwerpe wat bespreek sal word:. Hoeveel het ek nodig om te kan oorleef?. Wat is die belastingimplikasies indien ek ’n enkelbedrag wil neem?. Daar is soveel verskillende produkopsies. Hoe kies ek een?. Wat is bateklasse? Hoeveel moet ek waar belê?. Aan watter risiko’s word ek blootgestel?. Ek moet my huis verkoop om kapitaal vry te stel. Moet ek lewensreg oorweeg?. Wat gebeur by my dood?
Die besluite wat jy by aftrede neem, sal ’n beduidende effek hê op jou lewensgehalte gedurende jou goue jare. Gee jouself die beste kans om suksesvol af te tree, en woon ons seminaar by.
Stuur voor 12 Mei e-pos na jac@psg.co.za om jou deelname te verseker.. Jac van der Spuy, CFP® is ’n welvaartbestuurder by PSG Wealth Cecilia Square, Paarl.
Die inligting in hierdie artikel is algemene inligting. Dit is nie finansiële, belasting-, regs- of beleggingsadvies nie en die maatskappye in die PSG Konsult-groep waarborg nie die geskiktheid of potensiële waarde daarvan nie. Aangesien individuele behoeftes en risikoprofiele verskil, stel ons voor dat jy jou gekwalifiseerde finansiële adviseur raadpleeg indien nodig. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ’n gemagtigde finansiële diensverskaffer (FDV 728).