Die Cloetesville-polisie het Maandag bevestig dat agt mense gewond en een dood is in twee afsonderlike skietvoorvalle die afgelope naweek.
Die eerste skietvoorval het Vrydag (28 Oktober) omstreeks 22:00 in Crombiestraat plaasgevind toe die skieter op vyf jongmans, almal tussen 18 of 19 jaar oud, losgebrand het. Vier is beseer en die vyfde, ’n 19-jarige, het in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Volgens AO Zenobia Sedeman, polisiewoordvoerder, het die slagoffer net skote gehoor. “Die slagoffers het geloop toe die skieter hulle van agter af aanval. Dit was baie donker en hulle kon nie die skieter sien nie,” het Sedeman bygevoeg.
In die tweede skietvoorval, minder as 48 uur later, is nog drie jongmans Sondag (30 Oktober) omstreeks 21:20 in Eikestraat gewond.
In die jongste voorval is ’n 17-jarige, 20-jarige en 28-jarige gewond.