Agt van die Laerskool Eikestad se leerders is Saterdag 16 Februarie by die Boland-atletiekbyeenkoms wat by Dal Josafat in die Paarl aangebied is, vir die Boland-span gekies. Die Wes-Kaapse streekbyeenkoms word op 2 Maart gehou waar leerders dit gaan uitspook om ’n plek in die Wes-Kaapse span om aan die SA kampioenskap deel te neem. Van links is Ruan de Weerdt, Nathan van den Berg, Zahni Smit, Tiaan Basson, Carmi Shaw, IsaBella Nel, Nell Basson en Anja Smiterskool.