Alicia Mutangiri van die Hoërskool Lückhoff het Saterdag 9 Maart aan die WP Skole-atletiek-kampioenskap in Vygieskraal deelgeneem, waar dié matrikulant goud in die 3 000 m-hindernis-wedloop verower het en as die WP-kampioen gekroon is. Alicia het WP Saterdag (16 Maart) op Dal Josafat in die Paarl verteenwoordig. Hier was weer geen keer aan Alicia nie en sy was weer eerste in dié item vir meisies o.19. Die skool wens sy Wes-Kaapse kampioen geluk.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article