Die o.13A-netbalspan van PC Petersen Primêr lyk hierdie seisoen spoggerig – danksy ’n skending deur alumni.
Wade Thys en sy broer, Denzel, wat deesdae in Duitsland is, het vandeesweek teruggeploeg in hul oudlaerskool in Kylemore.
Thys Gemaak Social Development Consulting het Maandag amptelik die nuwe uniforms sowel as toerusting aan die skool oorhandig.
Die skoolhoof, Shuaib September, het die Thys-familie bedank vir hul skenking en dat hulle nie van hul voormalige skool vergeet het nie.
Wade het onthou hoe hy sowat 30 jaar gelede self op die skoolbanke hier was. Hy meen dit was altyd sleg wanneer die sokkerspan teen ander skole, wat netjiese uniforms en al die nodige toerusting gehad het, gespeel het. Hy en sy broer het dit dus goedgedink dat die skool se nuwe sportsterre goed toegerus moet wees. Hy het die meisies aangemoedig om aan te hou speel, aangesien sport hulle ver in die lewe kan bring en sommer ook weghou van enige kattekwaad.
Die kaptein en senter vir die span, Tamzin Amos, het die Thys-familie en oorsese skenkers bedank vir hul bydrae.
Tamzin en Danielle Bezuidenhout, Riley Goodman, Khanya Booysen, Deslin Afrikaner, Keesha Rhode, Nazeema Afrika, Chelsea Ryneveld, Elyna Johnson en Danicka Ackerman sal die netbalbaan hierdie winter in hul nuwe uniforms aan die brand speel.