Anric Onderdele is trots om aan te kondig dat hy ’n handelaarskap as Hero-motorfietse bekom het en nou ook handel dryf as Hero Stellenbosch.
Wat maak Hero MotoCorp die beste motorfietsmaatskappy in Suid-Afrika?
Hero MotoCorp se filosofie is gebaseer op “Be the Future of Mobility” en dit strek nie net na sy produkte en dienste nie, maar word ook weerspieël in Hero MotoCorp se bedrywighede. As een van die voorste motorfietsmaatskappye in Suid-Afrika hou Hero MotoCorp streng by die kernwaardes van passie, integriteit, respek, moed en verantwoordelikheid.
Hero MotoCorp het agt wêreldwye standaardvervaardigingsfasiliteite, insluitend ses in Indië (Dharuhera, Chittoor, Gurugram, Haridwar, Neemrana, Gujarat) en een elk in Colombia en Bangladesj. In 2001 het die maatskappy die mees gesogte erkenning behaal as die grootste en beste motorfietsvervaardiger in Indië en ook die w
Hero MotoCorp Bpk. behou hierdie posisie vandag nog.
Nadat die Japannese maatskappy Hero-Honda sy bedrywighede ontbondel het, het die selfstandige Hero-motorfietsmaatskappy in Indië ontstaan. Die maatskappy is die grootste motorfietsvervaardiger (volumeverkope) ter wêreld en voer sy produkte na Suid-Afrika uit.
Om sy aanstelling as ’n Hero-handelaar te vier, bied Anric Onderdele en Hero Stellenbosch tot Saterdag 17 Desember ’n hele reeks spesiale aanbiedinge teen die laagste moontlike pryse. Die aanbieding sal die volgende drie weke in Eikestadnuus verskyn en Anric Onderdele nooi sy ou en voornemende klante om van hierdie aanbieding gebruik te maak.
Alle produkte word in die promosietydperk teen verlaagde pryse verkoop, met bykomende afslag vir die advertensiepromosie op Saterdae.
Anric Onderdele het ’n wye verskeidenheid motoronderdele, bykomstighede en gereedskap.
. Skakel 021 887 4670/1/2 en vra vir Jackie, André of Elzabeth indien jy enige navrae het of die prys en beskikbaarheid van ’n onderdeel verlang.