Apostel Japie Engelbrecht het sy stryd teen kanker Vrydag (26 Augustus) in die ouderdom van 54 jaar verloor. Engelbrecht was ’n steunpilaar in dié gemeenskap. Hy was ’n apostel in die Dissipelskerk van Christus sowel as ’n gemeenskapsleier en vaderlike figuur vir die breër Klapmuts-gemeenskap. Sy droom was om misdaad te bekamp en die jeug van dié dorp na die Here te lei. Engelbrecht was die afgelope agt jaar in beheer van veiligheid by Klapmuts Primêr, waar hy sy werk met passie verrig en altyd ’n helpende hand aan sy medemens uitgereik het. Hy laat sy vrou, Junette, twee dogters en ’n seun agter. ’n Roudiens word vandag (Donderdag 1 September) om 18:30 by die Klapmuts Multi-purpose Centre gehou. Die begrafnisdiens is Saterdag (3 September) om 08:00 by die Engelbrecht-woning in Adamsstraat en om 09:00 in die skoolsaal by Klapmuts Primêr.


Apostel verloor stryd

You need to be Logged In to leave a comment.