Asterskou-organiseerders wil blommeprag uitbrei

Die jaarlikse asterskou het weer eens sy doel bereik om die allermooiste blomme te kweek en tuiniers te laat meeding. Ná nege maande se harde werk deur die 16 lede van die skou, is ongeveer 580 blomme ingeskryf.


Die jaarlikse asterskou het weer eens sy doel bereik om die allermooiste blomme te kweek en tuiniers te laat meeding. Ná nege maande se harde werk deur die 16 lede van die skou, is ongeveer 580 blomme ingeskryf.

“Dit was ’n groot sukses, soos blyk uit die ongeveer 700 toeskouers wat die skou besoek het, ’n verbetering op verlede jaar se syfer,” sê die organiseerder, Gregory Davids van die Stellenbosch tuinbou- en nywerheidsvereniging.

Een van die hoogtepunte van die skou was die prysuitdeling, waar ’n nuwe lid, Trevor Abrahams, die hoofpryse gewen het. Daar was geen nuwe kategorie nie, maar ’n addisionele uitstaller het handwerk – naaldwerk en juwele – uitgestal.

“Meestal het die sosiale aspek van die skou uitgestaan, waar lede met die publiek gemeng het om die groei-aspekte van die blomme te bespreek. Een van die besoekers, Jimmy Slingers, ’n voormalige skoolhoof, streek-inspekteur in opvoeding en lektor by die UK, was veral beïndruk met die standaard van die blomme en hul netheid,” voeg Davids by.

In die toekoms hoop die skou om sy ledetal uit te brei deur vroue en kinders te betrek. Daar is ook ’n plan om meer belangstelling by die publiek te wek deur advertensies op sosiale media en in koerante te plaas.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.