Vet pret! Die vroue-pretmyl-afdeling is deur Lanah Nel in 5:34:93 gewen.


Massadeelname in agt wedlope en studentepret het tot die sukses van die 12de Dagbreek-straatmyl gelei.

Christopher Swart van Pukke was die wenner van die ope manswedloop in 4:06:26. Hy het die afgelope twee jaar die silwermedalje in die mans- 1 500 m by die SA atletiekkam­pi­oenskap gewen.

In die tweede plek was Ashley Smith van Maties in 4:07:37. Hy het die wedloop in 2018 in die kleure van UWK gewen.

Alexandros da Silva was derde in 4:15:21.

Die ope afdeling vir vroue is deur die Meester-Springbok­atleet Kobie Griffiths in 5:03:01 gewen.

In die skaatsplank-afdeling is drie droommyle (myl onder vier minute) behaal met Mickail Joubert (3:51:88), Ruan Geldenhuys (3:55:64) en Nico Kriek (3:59:27) wat die hakskene gewys het.

Die pretmyl-afdelings is deur Nicolas de Wet van Dagbreek in 4:58:85 en Lanah Nel in 5:34:93 gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.