Laerskool Eikestad se interhuisatletiekwenners is Millie Hurter, Anja Smit, Zahni Smit, Ruan de Weerdt en Nathan van den Berg. Nathan het die prys vir die beste prestasie vir seuns gewen terwyl Zahni die prys vir die meisies gewen het. Nathan is ook die victor ludorum vir junior seuns en die victor ludorum vir senior seuns is Ruan. Die victrix ludorum vir junior meisies is Anja en victrix ludorum vir senior meisies is Millie.