Ten spyte van die snikhete dag het die Prestige-atletiekbyeenkoms Donderdag 7 Februarie weer pragtige atletiek opgelewer.?
Altesaam 32 rekords is op Coetzenburg se nuwe atletiekbaan verbeter en die twee Paarl-spanne – Hoërskool Gimnasium Paarl en ’n gekombineerde Boishaai/Girls’ High-span – het die kompetisie oorheers.?
Uiteindelik was dit die atlete van die Hoër Meisieskool en Hoër Jongenskool wat gewen het en leerders van dié twee skole was oorstelp van vreugde toe hulle as die wenspan aangekondig is.
V Die puntestand was soos volg:??
HJS/HMS Paarl: 993
Paarl Gim: 929
Bloem/Roos: 697