Laerskool Stellenbosch se top 10-atlete het Vrydag 18 Oktober aan Bredasdorp se top10-byeenkoms deelgeneem. Altesaam 49 skole uit die Wes-Kaap het deelgeneem. Laerskool Stellenbosch het sewende uit 30 skole met leerdergetalle bo 600 leerders en algeheel negende geëindig. Die atlete het altesaam sewe medaljes verwerf. Van links is Musahdiq Cornelson (tweede in verspring), Reuben van der Merwe (tweede in spiesgooi en eerste in 75 m-hekkies), Jeannie Myburgh (eerste in hoogspring, sy het ook rekord verbeter), Christopher Steyn (eerste in 1 200 m) en Charlie Boucher (tweede in verspring en tweede in 70 m-hekkies).


Atlete wys hul slag op atletiekbaan

You need to be Logged In to leave a comment.