Basiese beginsels om jou reis veiliger te maak

Paaie die land heen sal in die komende dae besig word, wanneer baie mense na hul vakansiebestemmings reis.

As jy hierdie feestyd die langpad aandurf, maak seker dat jy ekstra voorsorgmaatreëls tref om jou en jou gesin se veiligheid te verseker.Foto:

Credit: SYSTEM

Paaie die land heen sal in die komende dae besig word, wanneer baie mense na hul vakansiebestemmings reis.

Die toenemende padverkeer beteken ook ’n toenemende risiko vir verkeer insidente en padongelukke. Volgens Wahl Bartmann, groep uitvoerende hoof van die Fidelity Dienste Groep, is daar basiese beginsels wat toegepas kan word om te help om ernstige beserings of noodlottige ongelukke te voorkom.

“Jy kan ’n groot verskil maak deur ten alle tye ’n veiligheidsgordel te dra, teen ’n veilige spoed te bestuur, en nooit ’n voertuig onder die invloed te bestuur nie,” het hy gesê, en bygevoeg dat veiligheid op die pad ten alle tye die bestuurder se volle aandag eis.

“Ons stel voor dat jy enige soort afleidings wat jou oë en aandag van die pad af neem vermy. Moet nooit jou selfoon gebruik of boodskappe stuur terwyl jy bestuur nie.”

Dis ook belangrik om jou voertuig se padvaardigheid voor jou reis te toets. Baie botsings word deur ’n gebarste band of ander aspekte wat deur ’n werktuigkundige opgetel sou word, veroorsaak. Gladde bande, byvoorbeeld, stel definitief ’n gevaar wanneer jy op nat of glibberige paaie ry.

“Som ouers is dalk ook bekommerd oor hul kinders wat vir die eerste keer die langpad aandurf. Ek stel voor dat jy ’n eerlike gesprek oor die padreëls en die voorreg om te bestuur met jou kinders voer. Jy moet ’n omgewing skep waar hulle die groot verantwoordelikheid wat op die skouers van bestuurders rus, verstaan,” het Bartmann voorgestel.

En gepraat van kinders, indien jy met kleintjies die pad aandurf, maak seker dat hulle in ’n karstoeltjie wat behoorlik geïnstalleer en ontwerp is om kinders veilig te hou, vasgegordel is.

Voertuig telematiese stelsels en voertuig-opspoorders bied waretyd-nasporing van jou motor se bewegings. Dit waarsku jou wanneer iemand ongemagtige toegang tot jou voertuig probeer verkry, terwyl dit ook ’n waardevolle bron is, wat kan help om jou voertuig te vind indien dit gesteel of gekaap is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.