‘Begin eenvoudig’ – MJ Events & Hiring vier 5 jaar in Klapmuts

In 2012, toe Michelle Maluqua vir ’n kort tyd werkloos was, het die idee vir ’n verhurings­onderneming begin borrel. Dit het egter tot April 2018 geneem voordat sy die moed gehad het om haar eerste kinderpartytjie in Klapmuts aan te bied. Die gemeens

Michelle Maluqua se onderneming MJ Events & Hiring vier vandeesmaand sy vyfde verjaarsdag. Foto:

Credit: SYSTEM

In 2012, toe Michelle Maluqua vir ’n kort tyd werkloos was, het die idee vir ’n verhurings­onderneming begin borrel. Dit het egter tot April 2018 geneem voordat sy die moed gehad het om haar eerste kinderpartytjie in Klapmuts aan te bied. Die gemeenskap het goed reageer en die steun was oorweldigend.

Dít was die geboorte van MJ Events & Hiring in September 2018, met ’n missie om idees in werklikheid te omskep. Die vyf jaar wat gevolg het, was vol uitdagings en oorwinnings. “Ek en my man, Jeremy, het in 2017 besluit om te begin werk aan ons doelwitte deur deeltyds produkte te verkoop om geld in te samel. Ek het elke maand begin voorraad koop vir die besigheid met die geld wat ek ingesamel het, wat ek dan tuis gestoor het,” vertel Michelle.

Van die omskep van ’n deel van haar huis in ’n verhuringswinkel tot die onverwagte skenking van R50 000 van die National Youth Development Agency, het Michelle elke keer besef sy was op die regte pad. Toe die Covid-pandemie toeslaan, het MJ Events & Hiring nie stilgesit nie. Michelle het ’n kitskosonderneming begin met die R500-skenking wat sy weekliks van Ranyaka Community Transformation gekry het. Sy het ook deeltyds aan die Universiteit Stellenbosch studeer, waar sy aan die einde van 2020 as top-sakestudent vereer is.

MJ Events & Hiring het sy vlerke vinnig gesprei. Wat begin het as ’n onderneming wat op kinderpartytjies in Klapmuts fokus, het dit vinnig uitgebrei om kliënte so ver soos Franschhoek, Kraaifontein en selfs Pearly Beach te bedien.

“Ons het eenvoudig begin – net breekware en tafeldoeke – maar nou bied ons alles aan, van drapering en springkastele tot staanders vir foto-agtergronde,” sê Michelle.

Sy het ’n sterk gemeenskaps­gevoel en is ’n mentor vir opkomende ondernemings. Sy glo daarin om aan haar gemeenskap terug te gee.

Wat die toekoms betref, het Michelle groot drome.

“Ons wil ons eie events-venue bou en ’n verhuringswinkel in Klapmuts open,” sê sy.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.