Die Hoër Meisieskool Bloemhof, Rhenish Girls’ High, Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Stellenbosch en Bridge House School het op 3 Mei aan Paul Roos Gimnasium se 10de BeKoor-konsert deelgeneem. Die konsert het ook ’n optrede deur die talentvolle Paul Roos senior orkes ingesluit. Die eerste BeKoor is in 2011 aangebied met die doel om die talent van Stellenbosse kore in een konsert ten toon te stel. Sedertdien het belangstelling in dié gewilde konsep ver wyer as die grense van Stellenbosch gestrek en is BeKoor bekend as ’n geleentheid waar koormusiek gevier word en daarin slaag om skole en families byeen te bring. Skoolkore gebruik ook dié platvorm om voor te berei vir die hoogs kompeterende ATKV-koorkompetisie wat later vanjaar plaasvind. Foto: