Benoem Stellenbosch vir Dorp van die Jaar

Dit is weer tyd vir Kwêla se Dorp van die jaar-kompetisie (DVDJ) in samewerking met Lottoland.

Foto:

Credit: SYSTEM

Dit is weer tyd vir Kwêla se Dorp van die jaar-kompetisie (DVDJ) in samewerking met Lottoland.

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak?

Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate ry?

Hoeveel skatte in jou gemeenskap lê versteek?

Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land?

Wat is juweeltjies in die dorp waarop jy trots is?

Benoem nou jou gunstelingdorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog.

Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit minder as 500 000 inwoners het en die dorp in die afgelope twee jaar nie ’n streekswenner was nie.

Dorpe wat nie kan deelneem nie, sluit in Greyton, Upington, Senekal, Koster, Wakkerstroom, St. Lucia, St. Francisbaai, Hoedspruit en Gochas sowel as Kroonstad, Montagu, Calvinia, Glencoe, Haenertsburg, Keetmanshoop, Cullinan, Graaff-Reinet en Pelgrimsrus.

Vorige wendorpe mag vir ses jaar nadat hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie. Dit is Mosselbaai (2017), Jeffreysbaai (2018), Swakopmund (2019), Kareedouw (2020), Greyton (2021) en Kroonstad (2022).

Benoem jou gunstelingdorp uit enige streek deur die dorpsnaam per SMS na 33157 te stuur (SMS’e kos R1,50).

Inskrywings het op 5 Maart geopen en sluit op 17 Maart om 12:00.

Jy kan soveel dorpies benoem – soveel keer as wat jy wil – maar net een dorpsnaam per SMS.

Die dorpe sal uit nege streke gekies word:

1. Gauteng en Noordwes saam.

2. Noord-Kaap

3. Oos-Kaap

4. Wes-Kaap

5. Vrystaat

6. Limpopo

7. Mpumalanga

8. KwaZulu-Natal

9. Namibië

Die drie dorpe met die meeste benoemings uit elke streek sal na die halfeindronde op 15, 23 en 30 April deurdring.

Die publiek sal dan vir ’n week lank in elke ronde uit die drie semi-finaliste uit elke streek kan stem.

Dié ronde laat net 30 SMS’e per nommer toe, en die dorp met die meeste stemme sal die kompetisie-streek as hul finalis-dorp in die eindronde verteenwoordig.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies, wat die eindronde gehaal het, verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 16 Julie af tot 12:00 op 21 Julie vir die wendorp kan stem.

Die wendorp word op 30 Julie op Kwêla aangekondig, en word as Kwêla se Dorp van die jaar aangewys.

Die dorp sal dan wegstap met R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET.

’n Groot opskop sal in die wendorp gehou word, met musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees.

Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.

Lottoland het ook ’n verrassing vir die wendorp, wat later aangekondig sal word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.