Skryf nou in vir 2025 se e’Bosch-erfenis- toekennings.

e’Bosch se erfenistoekennings gaan vanjaar aan mense wat ‘n betekenisvolle invloed op die mediabedryf in Stellenbosch en omgewing gehad het.

Die publiek word gevra om kandidate te benoem wat oor ‘n tydperk van langer as tien jaar hulself aan die een of ander vorm van die media gewy en deur middel van hul werk ‘n positiewe invloed op die gemeenskap gehad het.

Hierby kan ingesluit word voortreflike joernalistiek, akkurate beriggewing, invloedryke artikels, ‘n sensitiwiteit vir hul gemeenskap en goed versorgde taalgebruik – hetsy in Afrikaans, Engels of isiXhosa.

Benoemings sluit Vrydag 29 Augustus met die aankondiging van finaliste wat op Vrydag 5 September sal geskied.

Die prysuitdelingsgeleendheid vind op Woensdag 10 September plaas.

• Vir inligting en benoemings, kontak Belinda Foster by 061 595 4085 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article