Althea Ruiters, maatskaplike werker van Community Keepers, Willy Maliwa, kringspanbestuurder in die Kaapse Wynlanddistrik en Lester Allies, hoof van Hoërskool Stellenzicht, deel ’n grappie in die terapiekamer. Foto: raymond Willemse


Die nie-winsgewende organisasie Community Keepers kan met trots nóg ’n skool by sy lysie voeg.

Die organisasie het vandeesmaand ’n kantoor by Hoërskool Stellenzicht in Jamestown geopen. Althea Ruiters, maatskaplike werker van Community Keepers, gaan die maatskaplike werker by die skool wees.

Vroeër vanjaar het hulle ook ’n kantoor by die Primêre Skool Weber Gedenk langs Stellenzicht geopen.

Lester Allies, hoof van Hoërskool Stellenzicht, het gesê hy is baie opgewonde oor Community Keepers wat hul dienste by die skool gaan aanbied om die leerders te ondersteun.

’n Voltydse berader van die organisasie sal weekliks by die skool beskikbaar wees.

“Dit gaan vir ons leerders ’n voorsprong gee met die professionele hulp wat ons gaan aanbied. Ek het in België gesien watter groot impak sulke dienste op kinders se lewe kan hê. As leerders probleme het, is daar ook onmiddellike ondersteuning vir hulle binne ’n veilige omgewing beskikbaar.”

Allies het gesê die organisasie gaan help om die sosiale kwessies by die skool aan te pak.

V Vir meer inligting oor Community Keepers besoek die webtuiste by www.communitykeepers.org.

You need to be Logged In to leave a comment.