Die Franschhoekpas sal weer weeksdae tussen 08:00 en 17:00 vir herstelwerk gesluit wees. Naweke sal die pas wel volkome oop wees, maar ’n stop-ry-stelsel sal in plek wees.

Dit volg nadat die pas erg verspoel is in die stormweer wat einde September gewoed het.

Herstelwerk is einde verlede jaar aan die pas begin, maar is gestaak om plek te maak vir vakansieverkeer.

Die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur verwag dat die werk teen einde Februarie voltooi sal wees.

Motoriste word gevra om versigtig te bestuur op die pas in die tye wat dit oop is vir verkeer en om die stop-ry-seksies te eerbiedig.

You need to be Logged In to leave a comment.