‘Beskerm dienste’

Vanaf bl.1.


Vanaf bl.1

Nagenoeg 40 Uber- en Bolt-bestuurders en talle gemeenskapslede het verlede Donderdagoggend by die landdroshof in Stellenbosch betoog en hul stem teen die toekenning van borgtog dik gemaak.

“Ons is baie hartseer oor ons medekollega op so ’n vrede manier gesterf het. Hy wou net ’n lewe vir homself maak. Dit is nie regverdig dat hy so moes sterf en ons nou vir ons lewens moet vrees nie. Hierdie gedrag is onaanvaarbaar en ons soek geregtigheid vir Vuyisa,” het ’n verteenwoordiger van die Uber- en Bolt-bestuurders gesê.

Stephanie Heneke, ’n gemeenskapsleier en voorsitter van die gemeenskaps­organisasie Wings of Love & Hope, sê een Uber-bestuurder is een te veel en eis dat die gereg sy gang moet gaan om geregtigheid vir die slagoffer en sy familie te voorsien.

Die Stellenbosch-gemeenskapspolisiëringsforum se voorsitter, Magdalene Blankenberg, het gesê die gemeenskap moet nie anderkant toe kyk wanneer ongeregtigheid gebeur nie.

“Geregtigheid moet vir Vuyisa geskied. Ons sit met ’n probleem en ons moet daaroor praat. Ons kan net die probleem aanspreek as die gemeenskap en die polisie saamwerk. Ons kan nie toelaat dat mense wat dienste aan ons lewer vermoor word nie, hulle is ook deel van ons gemeenskap en moet ook beskerm word. Die skuldiges moet gestraf word.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.