Die wenners van vanjaar se Stellenbosch-jongwynskou het die afgelope Vrydag (29 Augustus) by Klein Alto byeengekom om hul trofees te ontvang. Foto: Yaël Malgas
Die wenners van vanjaar se Stellenbosch-jongwynskou het die afgelope Vrydag (29 Augustus) by Klein Alto byeengekom om hul trofees te ontvang. Foto: Yaël Malgas

Wynliefhebbers het baie om na uit te sien danksy talle huidige jongwyne wat eersdaags gebottel sal word.

So sê De Wet Viljoen, die voorsitter van die Stellenbosch-jongwynskou.

Wynmakers van die streek het Vrydag 29 Augustus by Klein Alto byeengekom om hul trofees na afloop van vanjaar se skou te ontvang.

Die Vergenoegd Löw-wynlandgoed was die wenner van die groot pryse en het met die Vinfruco-trofee vir die algemene kampioen, rooi tafelwyn en die KWV-trofee vir die kampioen- versterkte wyn weggestap. Die Vergenoegd Löw-wynmaker Vusi Dalicuba het die pryse in ontvangs geneem.

Dit was ‘n gesellige toekenningsgeleentheid toe wynmakers van Stellenbosch verlede week vir die jaarlikse Jongwynskou byeengekom het. Foto: Yaël Malgas

Dalicuba sê die trofees bewys dat die span van Vergenoegd Löw weet wat hulle in die wingerde en kelder doen. “Dit is ‘n aanduiding wat ons doen, beteken ons is op die regte pad. Ons respekteer die terroir en werk dus hard om dit wat in die wingerende gebeur, reg te kry.”

De Wet meen die kompetisie, die oudste van sy soort, is ‘n belangrike geleent- heid vir plaaslike wynmakers.

“Ons het vanjaar ‘n goeie opkoms gehad en 5% meer inksrywings as in 2024 ontvang. Die gehalte lyk goed en dit is wonderlik om te sien dat die ou tradisionele kelders steeds werk om deel te neem en ‘n goeie produk lewer,” sê Viljoen.

Hy sê ten spyte van die sektor wat onder druk is en die gebiede waar wyn verbou word, al hoe kleiner word, spreek die inskrywings van produsente wat in hul produk glo en wat werk om die gehalte van Stellenbosch as wynstreek aan die gang te hou.

Die wenners van vanjaar se Stellenbosch-jongwynskou het die afgelope Vrydag (29 Augustus) by Klein Alto byeengekom om hul trofees te ontvang.  Foto: Yaël Malgas
Die wenners van vanjaar se Stellenbosch-jongwynskou het die afgelope Vrydag (29 Augustus) by Klein Alto byeengekom om hul trofees te ontvang. Foto: Yaël Malgas

Die groot wen-plaas van die dag was die Spier-landgoed. Spier het onder meer met die PJ Carinus-trofee vir Chardonnay, die Kooperatiewe Kelders-trofee vir Chenin Blanc en die Grotto-trofee vir algemene wit tafelwyn weggestap.

“Hierdie kompetisie is ‘n geleentheid om mee te ding en ‘n gevoel te kry van waarmee jou kollegas besig is. Dit, meer as enige ander kompetisie, is een vir die bedryf en nie die mark nie. Dit bied ook ‘n geleentheid vir samesyn,” sê Anthony Kock, Spier se hoof-witwynmaker.

Die volledige lys van wenners was:

  • Westelike Graanboere-trofee, witversnitwyn – Spier Sauvignon Blanc/Sémillon
  • PJ Carinus-trofee, Chardonnay – Spier, Chardonnay
  • Die Koöperatiewe Kelders-trofee, Chenin Blanc – Spier, Chenin Blanc (hout)
  • DP Pongrasz-trofee, Sauvignon Blanc – Diemersdal, Sauvignon Blanc (hout)
  • Standard Bank-trofee, ander wit kultivar – Spier, Sémillon (hout)
  • Stellenbosch Voedsel en Wynfees-trofee, natuurlike soet witwyn – Neethlingshof, Gewürztraminer
  • CDS/Demtos-trofee, hout verouderde witwyn –Spier, Chenin Blac (hout)
  • Grotto-trofee, algemene kampioen wit tafelwyn – Spier, Chenin Blanc (hout)
  • Tassenberg-trofee, rooi versnit – Koelenhof, Cabernet Sauvignon/Pintage/Petiti Verdot
  • Boland Bank-trofee – rooi versnit hout – Spier, Cabernet Sauvignon/Shiraz
  • Stellenbosch Distriksbank-trofee, Cabernet Sauvignon – Koelenhof
  • Allen Bell-trofee, Cabernet Sauvignon hout – Vergenoegd Löw
  • Denel-trofee, Merlot hout – Diemersdal
  • Swartlandse Koöp Wynmpy BPK-trofee, Pinotage – Koelenhof
  • Stellenbosse Wynroete Koöp BKP-trofee, Pinotage hout – Wildekrans
  • Absa-trofee, Shiraz – Diemersdal
  • Mondi Timbers Products-trofee, Shiraz hout – Diemersdal
  • Bakke Industrie-trofee, Ander rooi kultivar – Spier
  • Vinfruco-trofee, algemene rooi tafelwyn – Vergenoegd Löw
  • KWV-trofee, versterkte wyn – Vergenoegd Löw

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article