Die Felco-2022-snoeikompetisie vir leerders en studente is Vrydag 9 September by Boland-landbouskool in Wellington gehou. In die intervarsity-kompetisie ding studente van die Universiteit Stellenbosch, Elsenburg-landbou-opleidingsinstituut en die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie mee om die Duellum Putatio-wisseltrofee. Die kompetisie se hoofdoel is om erkenning te gee aan snoeiers wat hierdie moeilike, maar absoluut noodsaaklike taak moet uitvoer. Beoordelingsnorme is gegrond op tegniese vaardighede, nie spoed nie. Daar is gekyk na spasiëring van draers, aantal oë per draer, hoogte van snit bokant die draer-ogie, hoogte van snit op twee-jaar hout, onderskeid tussen dik en dun lote, looddikte by snit, doeltreffendheid van Cazenave of halflang draers, toelating vir vernuwing, toemaak van gapings en skoon en gladde snit. Die intervarsity is deur Louis Bester van Elsenburg gewen, met Elaina Lotter en Leana Coetzee (albei van US) onderskeidelik in tweede en derde plek. Al drie het ’n kontantprys gewen, asook ’n Felco 2-snoeiskêr, leer-holster, sakmes, sokkies en sleutelring ontvang. By die prysuitdeling was Jaco Engelbrecht (Visual Viticulture), Gys Liebenberg (Felco), Leana Coetzee, Louis Bester, Elaina Lotter en Frans L