’n
Klein groepie studente het Woensdagoggend die Neelsie-studentesentrum by die
Universiteit Stellenbosch beset en die ingange versper.
Dié
betoging is in solidariteit met die landwye betogings by universiteite
vir gratis onderrig. Die studente het die ingange se deure met kettings,
stoele en tafels toegehou en met plakkate demostrasies uitgevoer.
“Onderrig
is gratis in die gevangenis, moet ons eers gevangenes word om onderrig te kry?”
het een van die plakkate gelees.
Arnold
van der Walt, programbestuurder van MatieFM, sê toe hy 09:00 Woensdag by die
ateljee uitgekom het, kon hy sien dat winkels besig was om toe te maak. Hy is
self teen 12:00 uit die Neelsie uit.
Volgens
hom is niemand in- of uitgelaat nie behalwe die Neelsie-personeel wat tot ‘n
mate uitgelaat is. Hy beskryf die atmosfeer as “heeltemal rustig” en
sê studente wat in die rekenaarlokaal op die boonste verdieping gewerk het, het
bloot met hul werk aangegaan.
Die
studente wat besig was om die Neelsie te beset, is vir kommentaar genader.
Hulle het geweier, behalwe om aan Eikestadnuus te sê hulle fokus daarop
dat “alle studente geregistreer is vir hierdie jaar ondanks hulle finansiële
situasie”.
‘n
Ekonomiese bestuurswetenskap-student sê alhoewel sy nie omgee dat die betoging
gebeur nie en sy simpatie vir die studente se probleme het, voel sy hulle kon
‘n ander gebou as die Neelsie beset aangesien dit baie “ongerieflik”
is.
‘n
BA-student wat buite die Neelsie gestaan het, sê sy sou ‘n waarskuwing waardeer
het aangesien sy besig is om ou handboeke aan ‘n winkel in die Neelsie te
verkoop.
Martin
Viljoen, woordvoerder van US, het die voorval bevestig en gesê die universiteit
monitor die situasie.