Betoging teen sorgsentrum

Stellenbosch Community Care, ’n organisasie sonder winsbejag, hou Saterdag (26 Augustus) van 09:00 tot 12:00 ’n vreedsame betoging teen die beoogde oprigting van ’n geslagsgebaseerde-sorgsentrum by Botmanshoogte, op die hoek van Protea- en Ou Helshoo


Stellenbosch Community Care, ’n organisasie sonder winsbejag, hou Saterdag (26 Augustus) van 09:00 tot 12:00 ’n vreedsame betoging teen die beoogde oprigting van ’n geslagsgebaseerde-sorgsentrum by Botmanshoogte, op die hoek van Protea- en Ou Helshoogte-pad, in Idasvallei.

Die groep kom om 09:00 by die parkie in Davy-straat byeen en nooi alle belanghebbendes om die geleentheid by te woon.

Volgens een van die organiseerders, Magmoed Kara, het die uitvoerende komitee van Stellenbosch Community Care saam met verskeie plaaslike opvoedingsinstansies, gemeenskapsorganisasies en godsdiensleiers van dié gemeenskap besluit om teen die opening van ’n sentrum te staan weens ’n algemene gebrek aan konsultasie met die gemeenskap.

’n Memorandum sal tydens die protesoptrede by Botmanshoogte aan die wyk 6-raadslid, Nateshia Mcombring, oorhandig word.. Bel Kara by 081 515 4557 vir nog inligting oor die protesoptrede.

You need to be Logged In to leave a comment.