B’hoffers wen in vakansie

Altesaam nege atlete van die Hoër Meisieskool Bloemhof het in die skoolvakansie aan nasionale atletiekbyeenkomste deelgeneem.


Altesaam nege atlete van die Hoër Meisieskool Bloemhof het in die skoolvakansie aan nasionale atletiekbyeenkomste deelgeneem.

Eerste aan die beurt was die SA skolekampioenskap wat van 21 tot 23 Maart in Port Elizabeth plaasgevind het waarna die ASA-kampioenskap vir o.18’s en o.20’s van 28 tot 30 Maart in die Paarl gehou is.

Georgia Channon was tweede in die diskus vir vroue o.19 by die SA skolekampioenskap en derde in die diskus vir vroue o.20 by die ASA- kampioenskap.

In Port Elizabeth het Anneken Viljoen ’n bronsmedalje in die 800 m vir meisies o.17 gewen – iets wat sy ook in die 1 500 m vir meisies o.18 in die Paarl reggekry het. Sy het ook as lid van die 4×400 m-aflos by die ASA-kampioenskap ’n goue medalje gewen.

Mieke Basson, Bloemhof se atletiekkaptein, het in die Paarl twee medaljes verower – ’n goue medalje as lid van die 4×100 m-aflosspan en ’n silwer medalje in die verspringput waar sy ’n afstand van 5.22 m gespring het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.