Reën, hael en sneeu het die afgelope naweek in die Boland geval en ’n bibberende week tot gevolg gehad. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Sondag (7 Julie) gewaarsku dat vee en gewasse in die slag kan bly weens die sneeu wat geval het. Die Helshoogstepas was ook Sondag tydelik gesluit nadat die stormweer en ys tot padongelukke gelei het. Die Franschhoekpas was ook gesluit weens die sneeu. Die Stellenbosch-munisipaliteit het plaaslike inwoners gemaan dat die Eersterivier sterk vloei. Volgens die Weerdiens sal ’n reeks kouefronte die Wes-Kaap na verwagting die res van die week tref, wat tot swaar reënbuie, sneeu en koue toestande sal lei.Foto: Francois Lombard