Biblioteek toe tot verdere kennisgewing, ná waterskade

Die Stellenbosch-biblioteek in Pleinstraat is tot verdere kennisgewing gesluit. Die sluiting volg nadat ’n waterpyp oor die naweek van 8 tot 9 Oktober by die biblioteek gebars het.


Die Stellenbosch-biblioteek in Pleinstraat is tot verdere kennisgewing gesluit. Die sluiting volg nadat ’n waterpyp oor die naweek van 8 tot 9 Oktober by die biblioteek gebars het.

Volgens Stuart Grobbelaar, kommunikasiebestuurder by die Stellenbosch-munisipaliteit, vind herstelwerk tans plaas om van enige waterskade ontslae te raak.

“Dis onduidelik vir hoe lank die biblioteek gesluit sal moet wees om hierdie herstelwerk uit te voer, maar ons beoog om die biblioteek so spoedig as moontlik weer aan die publiek oop te stel,” het Grobbelaar bygevoeg.

Geen boeke is beskadig nie.

“Ons moedig inwoners steeds aan om van ons ander agt openbare biblioteke gebruik te maak, wat almal steeds oop is.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.