Black Pumas verwelkom nuwe lede – en borgskappe

Die Black Pumas-netbalklub, wat verlede jaar gestig is, nooi netbalspelers van die Cloetesville-gebied om by die klub aan te sluit. Die klub is aan die Stellenbosch Wynland-netbalunie geaffilieer en beskik tans oor twee senior en twee junior spanne (o.15 en o.13). Volgens Vernon Petersen, voorsitter van Black Pumas, is die klub begin om jong mense van die area uit die strate te hou en ’n positiewe alternatief tot sosiale kwessies soos alkohol- en dwelmmisbruik te bied. “Die meeste van die lede is skoolgaande meisies, dus nooi ons ook enige borge om die klub te ondersteun sodat hulle hul volle potensiaal in die sport kan bereik,” sê Petersen. Die afrigter is Carlene Noble-Petersen, ’n voormalige Boland-netbalspeler, wat die jong spelers elke Dinsdag en Donderdag om 17:00 by die Cloetesville-sportterrein help om hul vaardighede op te kikker. Belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit. Bel Vernon by 064 464 4118 of Carlene by 084 995 0263 vir nog inligting.

Credit: SYSTEM

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.