Blakes RVK het die afgelope Saterdag in ’n titaniese stryd met opwindende hardlooprugby 36-29 teen Windmeul United in ’n Noodelike Liga-kompetisie van die Westelike Provinsie geseëvier.
Windmeul het eerste punte aangeteken en ’n drie verdoel, waarop Blakes onmiddellik met ’n drie deur Cullen Hendricks (vleuel) geantwoord het.
Kort daarna het Windmeul van goeie spel tussen voor- en agterspelers weer agter Blakes se pale gekuier en die rustydtelling na 14-7 in Windmeul se guns vergroot.
Windmeul het swaar getrek in die skrums, waar die Blakes-voorry – Damian Gabriels, Jemma Adams en Timothy Combrink – oorheers het.
Adams (haker) het in die tweede helfte van ’n lynstaan in Windmeul se kwartgebied af deurgebars en met ’n pragdrie afgerond. Hy het ’n barshou gespeel en was woelig met sy kragspel, en is as speler van die wedstryd aangewys.
Windmeul het in die laaste 10 minute verwoed aangeval, maar kon nie deur Blakes se rotsvaste verdediging breek nie.. Hierdie naweek Kom Blakes te staan teen Exceliors in ’n derbywedstryd in Cloetesville, wat beloof om ’n grote te wees. Die bestuur vra ondersteuners om in groot getalle op te ruk en die span te ondersteun.
Puntemakers vir die Blakes: Drieë: Athon Arnolds, Eddie Fredericks, Clinton Davids, Chaldwin Ortell, Jemma Adams (2). Doelskoppe Cullen Hendricks 1,Athon Arnolds 2