Blitsige Liam haal Wes-Kaapse span

Liam Poole, ’n leerder van Idasvallei Primêr, het Maandag 5 Februarie aan die jaarlikse interskole-kompetisie deelgeneem, waar hy goud in die 100 m-wedloop vir seuns o.13 verower het.


Liam Poole, ’n leerder van Idasvallei Primêr, het Maandag 5 Februarie aan die jaarlikse interskole-kompetisie deelgeneem, waar hy goud in die 100 m-wedloop vir seuns o.13 verower het.

Ná sy oorwinning het hy Saterdag 10 Februarie aan die Boland sentraal-kampioenskap in die Paarl deelgeneem, waar hy die derde plek in dié 100 m-wedloop behaal het.

Saterdag 24 Februarie was Liam weer op die baan – hierdie keer by die Boland-laerskool-kampioenskap, waar hy die bronsmedalje in sy 100 m-wedloop verower en sodoende weer eens gewys het wat in hom steek.

Liam het dus deurgedring na die Wes-Kaapse laerskool-kampioenskap wat Saterdag 9 Maart plaasgevind het. Hier het hy die derde plek behaal en is in die Wes-Kaapse atletiekspan opgeneem om van 21 tot 23 Maart by die Suid-Afrikaanse laerskool-skoleatletiek-kampioenskap in Limpopo te gaan deelneem.

Die skool en Stellenbosch-gemeenskap bars van trots met Liam se uitmuntende prestasie en wens hom voorspoed toe.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.