Die Wes-Kaapse bloeddiens doen ’n beroep op die publiek om bloed te skenk aangesien sy bloedvoorraad onder erge druk is.
Die diens sukkel die afgelope maand om die vereiste O-bloedgroep-voorraad te handhaaf.
Sy voorraad van dié bloedgroep is steeds onder die genoegsame vyf-dag-merk, met die diens wat tans slegs twee dae se voorraad van dié groep het.
“Ons doen ’n beroep op alle skenkers om na hul naaste bloedskenkingskliniek te gaan om pasiënte wat bloed nodig het te ondersteun,” het Marike Carli van die WKBD gesê.
As jy tussen 16 en 75 is, 50 kg of meer weeg, goeie algemene gesondheid geniet en ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf, kan jy moontlik bloed skenk.
. Vir meer inligting of om jou naaste kliniek te vind, besoek www.wcbs.org.za.
. Laai ook die WKBD-toep op jou slimfoon af.
. Stuur ’n WhatsApp-boodskap na 060 549 7244 vir enige verdere navrae.