Micka Lerm, ’n matrikulant aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het dit weer reggekry om haar Junior Proteakleure vir boogskiet te verwerf. Dit was die tweede keer dat dié eer haar te beurt val. Micka is vanjaar boonop as die Suid-Afrikaanse Junior Boogskietspan se onderkaptein verkies. Sy sal vroeg in Mei aan die nasionale boogskiet-skoleprogram se Afrika-kampioenskap in die Paarl deelneem. Foto: Stephan Meyer


Bloemhof-boogskieter blom in Junior Proteaspan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article