Die 23ste interskole tussen die Hoër Meisieskool Bloemhof en die C & N Sekondêre Meisieskool Oranje vind hierdie naweek by Bloemhof plaas. Behalwe dat die meisies van dié twee skole kragte gaan meet op die hokkieveld en netbalbaan, word debatte gevoer, skaak gespeel en vanjaar die eerste keer weer vlugbal gespeel. Die volledige program kan by www.bloemhofschool.co.za/interskole afgelaai word. Bo is Danette Smith en Stephanie van der Westhuizen, twee van 2018 se huisleiers, by die 2018-Interskole in Bloemfontein. Foto: Stephan Meyer


Bloemhof en Oranje se Interskole-pret

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article