Cimòn van der Westhuizen (voor in donker blou) het die PRG-landloopbyeenkoms gewen en Christine Grobler (in maroen agter haar) was vierde. Foto’s: Stephan Meyer


Ná die seisoen se eerste vier landloopbyeenkomste is die Hoër Meisieskool Bloemhof se junior én senior spanne die beste in die skoleliga se meisiesafdeling.

In die junior afdeling is Bloemhof eerste met 84 punte terwyl Hoër Meisieskool Paarl (74) en Hugenote Hoërskool (25) tweede en derde is. Die seniors geniet ’n groter voorsprong en het 85 punte, terwyl HMS Paarl op 56 punte tweede is. La Rochelle, op 52 punte, is derde.

Christi Noades (graad 9) het reeds 25 punte vir die junior span verwerf, terwyl Cimòn van der Westhuizen (graad 10) op 19 punte die belowendste senior atleet is.

Slegs die eerste 10 atlete wat oor die eindstreep tree, verwerf punte vir hul span.

“Ons is baie gelukkig met die spanne se vertoning tot dusver,” meen Julie Longden, die skool se sportbestuurder vir atletiek en landloop. “Daar heers ’n wonderlike spangees en vanjaar is daar heelwat meer meisies wat deelneem.”

You need to be Logged In to leave a comment.