Pascal Geubert (afrigter van die Edge Tennis Acadamy) saam met Anandie de Waal, Megan Gibbs (kaptein), Milla Kotzé, Nina van Eeden en Nelbé Mouton.Foto: Betti Erasmus


’n Gekombineerde eerste en tweede tennisspan van die Hoër Meisieskool Bloemhof het verlede naweek hul titel as kampioene van die C.R. van der Merwe-toernooi suksesvol verdedig.

Dié toernooi word jaarliks deur Curro Durbanville aangebied.

Die Bloemhofspan – Megan Gibbs (kaptein), Nelbé Mouton, Anandie de Waal, Nina van Eeden en Milla Kotzé – het die gasheerskool Vrydag 4 Maart in die halfeindronde oorwin en na die eindronde teen HMS Paarl deurgedring.

Die Stellenbossers het in Saterdag se eindronde die Paarliete met vier wedstryde teenoor twee geklop om as wenners van die toernooi gekroon te word.

Megan Gibbs is as speler van die toernooi aangewys nadat sy onoorwonne op die nommer 1-posisie was.

Altesaam agt hoërskole het aan die toernooi deelgeneem. Saam met Bloemhof, Girls’ High en Curro Durbanville het die Hugenote Hoërskool, die Hoërskool Paarl Gimnasium, die Hoërskool Stellenberg, die Hoërskool Stellenbosch en die Hoërskool Durbanville om die titel meegeding.

You need to be Logged In to leave a comment.